In PART 2 van ons interview met Katinka Oosthuizen, deel ons dinge wat so diep raak soos jou hond se oë as jy ‘n stukkie braaihoender voor hom eet. Be prepared.
To all our non-Afrikaans-speaking readers, we owe you ANOTHER one. None of us get paid for this. So no one wanted to spend 3 days translating their lives away. : )
As jy Olga voor Katinka Oosthuizen
Ek stres low-key my boude af, want friggin Katinka Oosthuizen gaan nou enige oomblik in die koffiewinkel inloop waar ek sit en interview-vrae prep soos Olga die pliggie.
Monaco se populasie is 35k. Katinka se followers is 32,2k. Afleiding: Katinka is basically ‘n prinses.
Nou stres ek MOS minder.
Katinka sweef by die koffieshop in. Oupa-trui. Potblou oë. Ringe galore.
Sy lyk soos die hipster-weergawe van Elsa (hands-up as jy ook opgeteken het vir Katinka se upcoming thrift shop!).
“YAAAS magazine? ” vra dié 1.76m blondine.
Damn, ek hoop nie sy dink ek is lame nie.
Sy sit. Bestel kos. En dis nie tien-minute later nie en sy voel soos my long-lost niggie. Dis hoe gemaklik en opreg dié girl is.
Na ‘n gesprek wat die koffiewinkel toegemaak het, kan ek julle verseker, Katinka Oosthuizen is nie wie jy dink sy is nie.
Sy’s genuinely cooler.
Sy dink nie sy los reënboog-winde omdat duisende mense op Insta haar stalk nie. Inteendeel, haar familie help haar met al haar content, sy voel followers-hê bepaal geensins geluk nie en sy wil graag eendag, “soos Bouwer Bosch”, alles wat sy doen, in haar filmberoep, doen vir God.
Hier is Katinka se 5-favourite-dinge skets…
Maar moenie vir my luister nie. Ek het 178 followers of so iets. Kyk self wat het Katinka Ooshuizen oor haarself laat glip in ons heerlike koffie-date.
10 Goed wat jy van Katinka Oosthuizen moet weet
1. Sy gee nie om as jy dink sy kan nie Engels praat nie
Katinka het al haar fair share negatiewe kommentaar gekry op haar ‘Dis Ek’ video en haar Engelse videos. En al stroom die comments in, gaan sy nie ophou nie, want sy doen wat sy liefhet. Hier’s hoe sy leer cope het…
Katinka: “‘Jy kan nie engels praat nie’ is comments wat ek baie dikwels gekry het.
Ek sal once Afrikaans praat. Maar ek dink nie mense besef ek probeer dit doen met ‘n hart om mense te akkomodeer nie. Hulle dink ek probeer cool wees deur engels te praat.
Ek dink maar ‘ag, dis nou maar so – dis nie hulle wat tien ure gesit het en geedit het nie. Hulle kan maar sê wat hul wil.’
Só het ek net besluit ek gaan voluit aanhou met ek doen.
Ek los maar slegte comments daar op, ek delete nie regtig comments nie. Niemand is perfek nie. As mense scroll deur die comments wil ek hê hulle moet sien ek gaan nogsteeds aanhou al sê mense soms lelike goed.
Maar dis nooit lekker nie – jy kry so naar gevoel op jou maag – veral as dit oor persoonlike goed is soos jou geloof.”
2. Katinka kan nie pickup lines gebruik nie
Jy sou dink met Katinka se pickup-line videos, vang sy ouens een grappie op ‘n slag, maar dis eintlik wat gebeur…
Katinka: “Ek het eenkeer gesê ‘jy lyk soos iemand wat ek ken’, want ek gedink die ou is sooo mooi en ons was by ‘n kuierplek en ek moes net met hom praat. Toe sê ek ‘jy lyk soos iemand wat ek ken’.
En dis eintlik die domste ding wat jy kan sê, want hy was van ‘o regtig, wie?’. En ek kon nie sê nie! Toe is dit soooo awkward. Toe loop ek weg.”
3. Sy het ‘n tattoo
‘n Groot draak op haar linkerboud. JOKE mense. Katinka is classy.
Katinka: “As mense lojaal is, is dit raar.
Even soos ek nou hier sit is daar een of twee skoolvriendinne wat regtig ‘n egte vriendin is soos Mijancke.
Ek en sy het saam ‘n tattoo gekry. Dis ‘n letterlik ‘n klein kruisie op my enkel. Dit was die laaste dag wat ek haar gesien het voor sy Pieterburg toe getrek het.”
4. As jy Katinka ontmoet, mag sy dalk net die volgende doen…
Op jou foon is duisende followers net nommers, maar as mense jou herken raak dinge vinnig real. Hier is hoe Katinka reageer…
“Ek’s awkward as mense my herken. Ek weet nie hoe om die hele situasie te hanteer nie. As ek iemand kry wat my herken, dan is ek selfs soos ‘wie is ek?! En eerder van wie is jy, vertel my van jou?!'”
Ek’s presies soos jy. Ek doen wat jy doen: ek krap in my neus, kou aan my naels, my hare raak ook vuil en ek voel ook eks vet.”
5. Haar ma help haar met haar videos
“Ek moet sê my ma het ‘n baie groot input. Sy is my grootste fan. Sy sal wees van ‘wat van ‘n video as jy dié of dié doen?!’
Even nou met die viavideos: sy kom film my, sy gee baie van die idees vir my. Sy sê altyd ‘n gem sal ontwikkel as oud en jonk saamwerk. Met my ma se input kan ek ook ‘n ander groep mense bereik. My ma sal idees gee, maar ek sal dit my eie maak.”
6. Sy kry ook huil-alleen-op-jou-bed dae
Ek het gewonder of chirpy Katinka ooit down dae kry?
Katinka: “Verseker, maar wie gaan nou daaroor post? En ek is nie iemand wat ‘n scene maak nie. Ek het al gedink om dit te doen, want ek’s eintlik ‘n baie depro persoon; ek het al vir ‘n week in my bed gesit en gehuil.
Dan weet ek nie regtig wat’s fout met my nie. Maar dan kom ek op ‘n punt waar ek besef eks nie op ‘n goeie plek nie, so dan sal ek nie iets op IG post of verfilm of so nie. Dis maar iets waardeur mens self werk.
Maar ek dink meeste kreatiewe mense kan relate, dat jy deur sulke depro fases gaan.
Ek is oor die algemeen ‘n diep persoon so as ek ‘n video maak wat diep is skrik ek vir myself. Mense sal bang wees!”
7. Daar is ‘n doel agter haar videos
Katinka is seriously diep mense…
Katinka: “Ek wil hê as mense my beter leer ken of dieper in my vidoes ingaan sien daar is iets anders daarin as tog net jou normale ‘ ek probeer snaaks wees’ boodskap.
My doel is nie om Christenskap in mense se gesig te gooi nie. Ek kyk self nie Christen flieks nie, want dis vir my cringe, maar ‘n fliek wat my laat besef het mens kan dit anders doen is ‘Machine Gun Preacher’.
Alles ‘wêrelds’ is daar, because such is life, maar jy eindig op om ‘n verhouding met God te hê en God is daar throught the midst of the storm.
Mens se verhouding met God is seker nooit 100% reg nie. Maar ek sien my verhouding met God as ‘n vriendskap. Dit werk van altwee kante af. En jy vertrou baie keer op de ander persoon.”
8. Meer followers-kry is cool, maar dis nie so cool nie
Follows is nie lewe nie. Al dink meeste mense so.
“Ek was al baie teleurgesteld in hoë verwagtinge oor goed. En hoe ouer jy raak, hoe meer kom jy agter hoe twee-dimensioneel die lewe is. As jy ‘n purpose vir jou lewe wil hê is die enigste manier ‘n verhouding met God. As jy nie ‘n verhouding het met God nie, gaan jy nie regtig voel daar’s ‘n punt in die lewe nie.
Jy kan die rykste persoon wees. Jy kan die meeste followers hê. En dan wat? En nou het jy twee-duisend-miljoen followers, en dan? Wat dan? Daar’s regtig niks diep daaraan nie.
As ek sien ek kry meer followers, is ek van ‘jho dis regtig cool’, maar ek lewe glad nie vir dit nie.”
9. Soms laat Insta haar ook ‘meh’ voel
As mens meer as 30k followers het, voel jy die pressure om heeltyd perfek te wees? Dis hoe Katinka voel..
Katinka: “Ek dink almal voel dit. Ek dink almal volg iemand met die expectation van – ek wil ook so lyk of ek wil ook dit doen.
Obviously voel mens pressure, maar dan besef jy, mense follow jou juis omdat jy is wie jy is.
Baie mense kom na my toe en vra altyd ‘hoe kan ek ok so baie followers kry’, maar hulle besef nie hoe lank kom dit al aan nie.
Ek het al van kleins af al begin content create. Die rede hoekom mense my follow is juis omdat ek anders is. En as hulle doen wat ek doen, is hulle dan nes iemand anders. Dit gaan nie help nie. Jy moet jouself wees. Maar dis vrek moeilik om nie pressure te voel op Instagram nie.
As ek Instagram sou delete, sou dit die grootste rede wees.
Dit skep ook ‘n fals expectation van hoe lewe is – met al die apps en goed wat jou maerder kan maak en jou puisies kan weg vat…
Dit kom vanself. Ek sal sien iemand neem fotos by die beach en dink ek moet seker ook ‘n foto by die beach gaan neem en dan gaan jy beach toe en neem so foto en dan lyk dit dan nie soos hulle foto nie. En dis daar waar jy jouself afbreek.
Ek het nou onlangs begin kies ‘I want to see less post like this’ want jy kies waaraan jy jouself blootstel.“
10. Sy is super-skaam voor nuwe mense en groot groepe
Ek dink nie eers Liza Koshy kan awesome grappies ‘on the spot’ maak nie.
Katinka: “Ek’s defnitief nie altyd ‘n chirpy, lekker persoon nie. Ek dink dis hoekom meisies wat my ontmoet in regte lewe baie keer half dissapointed is omdat ek nie uitfreak of snaaks is op die spot nie.
Ek is nie baie natural voor mense nie – eks maar baie angstig.
Voor ‘n groot crowd, dink ek nie jy sal baie van my hou nie, want ek gaan nie vir jou gee wat jy dink ek is nie. Op my videos is ek eintlik op my eie, in my eie kamer, in my eie privaatheid.”
Andrea’s Video
straussdelange@gmail.comlinkedinSTRAUSS IN A NUTSHELL Hi, my name is Strauss, I am a 31-year-old South African Optometrist living in the mountains of Bolzano with my wife and best friend Iske. I am a MBA graduate and enjoy hiking and supporting my favourite rugby...
Skinny equals happy? I call bullsh#t.
As from now it's a proven fact that being skinny doesn't equal happiness. Don't believe me? Here's four pieces of evidence that'll crack this haunting myth right open. ONE: Perfect people are dying to be happy Pick one person you'd like to trade bodies with? Marilyn...
Responding to being Friendzoned
We've all been there: that horrible place between high-fiving and hand-holding. THE FRIEND ZONE DA DA DAAAAM. So here it is: 9 sentence that probably mean you're friend-zoned and how we think you should reply to them. 1. "You make me think of my Labrador" Sooooo does...
9 Stupid sentences people with depression are over hearing
I have to deal with depression. I also have to deal with the stupid stuff people say, because people don't know shite about depression. Here are the 9 sentences people with depression are so sick of hearing: 1. “We all have bad days.” 2. "You know, it's demons.”...